Matthys van Tonder

Matthys van Tonder het sy eerste lewenslig aanskou in Ficksburg, in die bekende kersiegordel, op 26 November 1982. In 1984 verhuis die van Tonder-gesin na Namibië en dit is waar hy sy eerste klavierles neem. “My eerste herinneringe is van Tsumeb waar ek leer loop en praat het, en in 1991 het ons verhuis terug na Suid-Afrika”

As tiener vlieg hy ligte vliegtuie, en verteenwoordig Suid-Afrika internasionaal in die sport skerm by die Junior Olimpiese Spele in Moskou en die Wêreld Kampioenskappe in Turkye.

Geïnspireer deur Koos du Plessis en nuwer kunstenaars, soos Lize Beekman, begin Matthys self skryf en komponeer. “Ek vind dat ek meestal oor verhoudings skryf... nie net die verhouding tussen mense nie, maar ook die verhouding tussen jou en die Skepper.” Sy passie vir lirieke en musiek lei hom tot optredes in klubs en pub’s, sodat Matthys vandag `n ontluikende kunstenaar in eie reg is. Mathys Roets sluit by sy "Tien jaar later" vertoning een van Matthys se komposisies in “Al wat ek vra” en so ontvang hy sy “vuurdoop” as liedjie skrywer. “ Dit was die eerste keer dat ek konkrete bewys gekry het dat ek `n kans het om dit in die bedryf te haal, na dit was die koeël deur die kerk...”

Hy tree op by Aardklop in 2005, 2006 , 2007 en 2008. In 2006, 2007 en 2008 tree hy by Inniebos in Nelspruit op. Matthys se debuut-album, “Groetnis vir Jasmyn”, is vroeër in 2007 vrygestel en die ontvangs by die verskillende feeste was uitstekend! Matthys se jaarprogram het daarna al hoe vinniger opgevul “Die Jasmyn waarvoor daar groete gestuur word, is die dames koshuis in Pretoria, waar ek iemand geken het”.

In 2007 tree Matthys by die kierieklapperfees in Potgietersrus op, die goeie reaksie wat hy verkry laat die organiseerders van die Biltongfees notisie neem. Hy tree op as gaskunstenaar en seremoniemeester by die Biltongfees en doen selfs die voor vertonings vir Watershed en Pieter Smith.

As liedjie skrywer begin Matthys ook aandag trek. Die vervaardigers van verskillende Kyknet programme nader hom vir tema musiek. Dit het tot gevolg dat ander maatskappye hom raak sien en in 2008 skryf hy saam met `n musiek legende Kreesan die tema lied vir die nuwe Jacaranda 94.2 versamel album.

In 2007 begin RSG van Matthys se musiek op hulle speellys plaas , ander radio stasies volg gou op hulle hakke. Radio Laeveld , Overvaal stereo , VCR , Jacaranda, Radio Rippel , Vally FM en Kudu FM (Namibië) en baie ander het vandag Matthys op hul speel lyste.